Akkedis

Akkedisstasie


As jy soek na sensasie
met jollers sonder mental konstepasie
en jy maaind nie vir die geraas nie
kom wees hier rustig hier's geen haas nie
oppas as jy nie oppas nie
dissie sosie stasie van laas nie
hier's nie pypies om te blaas nie
sal sweer hier's nie 'n baas nie
jy kry plek sonder prestasie
hier's geen boetse om te pass nie
jy hoef my nie te trust nie
hier kan die boere jou nie suss nie
maar as die land agter tralies
nie kan onthou waar jy was nie
wees nie verbaas nie
die kans is goed jy was by akkedisstasie
hier's spacekadets nie van mars nie
is vlekwoorde nie kras nie
word niemand gebust nie
is niemand nugter saans nie
dis okkie als nie
hier's die band ook nooit vals nie
dra niemand brass nie
issie, is, issie, is, issie...
word wyn nie op in jou glas nie
vol joviale purgassie
wees vrinlik gewaarsku
ons issie bang vir uitpass nie
ja nie soos naas nie
gat vir oulaas waarsku
moenie laat jy daai trein verpas nie