Akkedis

Hangklip


dis die suidpunt woesteny
met die natuurskoon onbeskof
vat daar grondpat aangery
deur die suid-oostewind se stof
oee soek en jy sal dit kry
'n banneling uit die beskawing
onder alkohol kwarantyn
'n kluisenaar onder die hange
soek en jy sal dit kry
oee die bagdad café
daars 'n bar in die middel van nêrens
het jy die die moed om te gaan
kom drink net een in die son met ons
loop die hangklip gevaar
hier kan jy rock tot jy drop
nie eens die gode kan jou stop
dis te ver van die Here se genade
dis te ver van die duiwel se tirade
perlemoen rock en roll en brannewynkitare
'n martelaar in son en wind tussen die fynbos en dorings
dit maak nie sak van waar jy kom
tjek hierdie plek is jou beskore
oee in jou swyne bekore
tussen die luiperds en bokke
bobbejaan en slange in die bos
tussen die spoke en geeste
kan jy jou juk verlos
oee saam met rockers soos ons