Valiant Swart

Die mystic boer


op 'n Vaal vlakte het ons hom die eerste keer gewaar
hy't snaaks gedans en weggeraak in 'n waas van walms en wind
daar was klowe in die verte
en die son was nog jonk
en grys voëls het ons dophegou
toe ons onder die oggend
vir mekaar geknik het
ons gaan hom jaag
die newels het gewink
die dag het geruik na nuwe bloed en gebreek ons loop deur die leegte
met ons oë vasgepen op 'n stofwolk
waar sy voete die aarde ontstig het
met passies vol punk en plesierigheid
die môrestond het ons blinkgesmeer
met vars hoop op geluk en wysheid en vreugde
en vure vol verskeidenheid en lig
na die berge, na die klowe, na die spelonke dwarrel die gees
terwyl ons, die jagters, hom bestorm
met nette en tralies en tyd die grense van ons mission was slegs die wind en weer
die bliksems en donders wat bangpraat
en re&$235;n bring om stof te kanselleer
hoe groter die drang na ontmoeting
met die koning van die nuwe asem
hoe woester die tog, en hoe stiller
daar was 'n skaduwee om merker te speel
en 'n uptempo rouklag was die magneet
en visioene van nuwe dinge was oral skielik was daar niks
behalwe 'n Vaal vlakte in die son
was ons alleen met water en jeans
die danser was weg
teen middernag was die maan treurig en mooi
en die grond het gesmaak na sout
en toe die nuwe oggend opstaan uit die berg
het grys voëls ons dopgehou
so as jy hom sien, en jy wil hom soek
doen dit gerus, want dis 'n groot avontuur
alhoewel jy eindig waar jy begin het ek's die mystic boer